1. Stigting van die kerk
  2. Afgestig
  3. Weer herenig as Albanie Gemeente
NG Kerk Albanie
Scroll af vir meer inligting

Gedagte uit die Bybel:

Psalm 18:3
“Die Here is my rots, my skuilplek en my redder,
my God, my rots, by Wie ek skuil,
my skild en sterk verlosser,
my veilige vesting.”


Die NG gemeente Albanie is die 21ste oudste gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika en die sewende oudste in die
Sinode van Oos-Kaapland. Die middelpunt van die gemeente was amper 170 jaar lank die dorpie Riebeek-Oos, 39 km noordwes van Grahamstad, maar op
1 Maart 2000 skakel die meer as 80 jaar oue NG gemeente Grahamstad weer by die moedergemeente in, waarna dié stad die middelpunt van die gemeente geword het.
Die gemeente het in 2015 150 doop- en 620 belydende lidmate gehad, vergeleke met sy samestellende dele se totaal van onderskeidelik 464 en 1 090 in 2000.

Terug na die Menu

© 2020 Nureka Webpage Developers