Gedagte uit die Bybel:
Psalm 4:8
“U het my reeds
groter vreugde laat belewe
as wat daar is by mense
wat koring en wyn
in oorvloed het”
Kontak Ds Strauss de JagerSelnommer: 083 633 0881 of Tel: 046 622 4598 REëLINGS in die KERK
KERKBANKE
TEKEN VAN REGISTER
ELEKTRONIESE APPARAAT
VIDEO-OPNAMES
ORRELIS Ons verkies dat u van ons eie orrelis, Rentia Els, se dienste gebruik maak. Sy kan gekontak word by 046 622 2342 (h) U kan egter ook u eie orrelis kies. U is self verantwoordelik vir haar/sy vergoeding. Indien u wel ’n ander orrelis gebruik, moet toestemming van ons gemeente se orrelis verkry word - ook minstens 2 maande voor die troudatum. U orrelis is dan geregtig op een uur oefentyd op die orrel, wat ook met ons orrelis en die koster gereël moet word. KOSTER Die koster is beskikbaar by 0835018816. U kan ook 'n boodskap by die kerkkantoor los.Die koster word deur die kerkkantoor van u troue in kennis gestel sodra u die aangehegte vorm by die kerkkantoor ingehandig het en u die fooi betaal het. U moet asseblief vooraf self met die koster reël i.v.m.'n geskikte tyd om u blommerangskikkings in die kerk in te bring en vir 'n oefenlopie. U is geregtig op een oefenlopie voor die troue sonder betaling van enige ekstra fooie.Dit is ook u verantwoordelikheid om een dag voor die troue die koster, die huweliksbevestiger en orrelis te herinner aan u huwelik, asook om hulle van enige veranderinge wat aan die oorspronklike reëlings aangebring is, in kennis te stel. |
© 2020 Nureka Webpage Developers